Klein Khaki het ontstaan uit ’n eenvoudige gedagte. Ons het klere gemaak vir mammas en pappas – maar elke keer as ons uitgaan, het ons onsself gevra: “Wat van die klein khaki’s?”
So het die droom begin: praktiese, stylvolle en duursame klere vir kinders wat net soos hul ouers die buitelewe wil geniet. Van veldstappies tot visvang en jag, ons wou hê dat kinders ook die regte toerusting moet hê om saam op elke avontuur te gaan.
Klein Khaki is dus meer as net klere – dit is ’n manier om gesinne nader aan mekaar én aan die natuur te bring.
074 065 3882 | 074 339 1192
sales@kleinkhaki.co.za